Hoekom is dit belangrik om op die uitkyk te wees vir verouderingstekens in jou troeteldier?
Soos ons held ouer word, moet ons die tekens van veroudering ken en daarvoor begin uitkyk, sodat ons dit vir hulle en vir onsself makliker kan maak. Dit is daarom krities dat jou troeteldier jaarliks deur ‘n veearts ondersoek word. Jou veearts weet waarna om te kyk en sal vir jou die beste raad gee om jou te help met jou ouerwordende troeteldier se gesondheid. As jy weet wanneer jou troeteldier ‘n “senior” begin word, sal dit jou help om die gepaste veranderinge aan sy dieet en oefeninge te maak. As ‘n algemene reël word honde en katte vanaf sewe (mense-) jaar as “senior” gesien.
Belangrike dinge om te onthou:
- Maak seker dat jou veearts van enige fisiese en gedragsveranderings weet.
- Moenie net aanneem dat jou troeteldier “maar oud word” en dat daar niks is om sy ongemaklik te verlig nie – dit mag dalk niks met ouderdom te doen hê nie.
- Baie keer kan gedragsveranderings tekens wees van mediese afwykings en daar is baie behandelings wat jou hond kan help en die simptome (selfs pyn) kan beheer.
- Enige mediese en degeneratiewe siekte wat pyn, ongemak of verminderde beweeglikheid soos artritis, tandheelkundige siektes, hipotireose, kanker, swak sig of gehoor, blaasinfeksie of Cushing se siekte veroorsaak, kan lei tot verhoogte sensitiwiteit en geïrriteerdheid, verhoogte angs wanneer hulle aangeraak of genader word, verhoogte aggressie, stadiger reaksie op jou stem, minder aanpasbaarheid tot verandering en moeite om by sy gewone plek uit te kom om homself te verlig.
Wat is die effek van veroudering?
Jou bejaarde held se vermoë om te leer sal geleidelik afneem en hy sal minder oplettend word soos sy reuk-, sig- en gehoorsintuie agteruitgaan. Ons kan ons ouer troeteldiere deur verskillende maniere help met die aanpassing, soos om die regte diagnose so gou ons moontlik te kry en die regte medikasie, aanvullings en dieet te gebruik. Jy kan jou troeteldier help om ‘n langer en gesonder lewe te hê deur hulle omgewing aan te pas en hulle anders te hanteer.
Ons ouer troeteldiere moet gemaklik en geliefd voel en ons moet aanhou om ‘n band met hulle te bou. Hulle sal nooit dislojaal teenoor ons wees nie en daarom mag ons hulle nie in hulle uur van nood alleen los nie. Wees dankbaar teenoor jou troeteldier en wees terug lojaal.

