Diere wat lewens red - Trots SA

Trots Suid-Afrikaans – Troeteldiere wat lewens gered het


Bulterriër, Dexter, verloor amper sy lewe om eienares van kobra te red – Kaapstad

Dexter, ‘n Bulterriër het sy eienares, Tracey, se lewe gered en amper sy eie in die proses verloor. Tracey was besig om uit haar kar te klim toe sy die kobra sien, een van Suid-Afrika se giftigste slange. Dexter het nie gehuiwer om die slang te gryp en Tracey se lewe te red nie, maar is in die proses self gepik. Tracey het haastig met hom na die hospitaal gejaag, waar sy gehoor het hy’t ‘n 50% kans vir oorlewing. Die dapper klein vegtertjie het dit gemaak en loop weer vandag.

“I can’t thank him enough for saving my life! … He is such a fighter!” – Tracey Jacobs

Lees die volledige artikel hier.

Killer, Suid-Afrika se ware renosterredder!   

In 2016, is die vyfjarige Belgiese Malinois, Killer, met ‘n medalje vereer vir sy hulp om renosterstropers in die Krugerwildtuin vas te trek. Killer was een van Suid-Afrika se beste stroper-opspoorhonde en het 115 stropers gevang voordat hy sy medalje ontvang het. Hy is deur die Britse Veeartsenykunde Welsynsorganisasie, PDSA, vereer met ‘n goue medalje vir dierehelde.

Lees hier meer oor ons wonderlike held.

Molly tot die redding – Rustenburg

Twee-jaar oue Molly, ‘n langhaar Chihuahua, het haar familie se lewens van rowers gered. Mollie se aanhoudende geblaf het haar eienaars wakker gemaak, terwyl ‘n rower reeds oor hulle bed met ‘n pistool gestaan het. Mollie het die rower aan die been gegryp en terwyl die rower haar probeer afkry en stilmaak het, het haar eienaar sy eie pistool uit die bedkassie gehaal en geskiet.

Lees die volledige artikel hier

En natuurlik kan Suid-Afrika se welbekende Jock van die Bosveld, nie vergeet word nie!

Eerste Suid-Afrikaanse hond opgelei om hoë bloedsuikervlakke in diabete op te spoor

As ‘n 16-maand oue Golden Retriever, het Honey die eerste Suid-Afrikaanse hond geword wat opgelei is om lae en hoë bloedsuikervlakke in diabete op te spoor. Deur die gebruik van positiewe versterking kan Honey nie net ‘n probleem opspoor nie, maar ook daarop reageer. Lees meer oor hoekom Suid-Afrika so trots kan wees op haar.

Trots SA: Bejaarde man red Hond 

Mense kan ook helde wees en wat ‘n ongelooflike storie is hierdie nie! ‘n 70-jarige man het in sy brandende huis teruggehardloop om sy Skotse Terriër te red wat ineengekrimp op die kombuisvloer gelê het. Hy’t nie twee keer gedink om sy eie lewe op die spel te plaas nie en dit bewys net wat ‘n ongelooflike band daar tussen mens en dier kan wees! Lees meer oor hierdie dapper man

Staffy (Bella) het haar eie lewe verloor om haar eienaars s’n te red. Lees hier verder.Ontmoet Suid-Afrikaanse soek-en-reddingshonde
Scroll to Top