Die Maine Coon - Feite en Geite

Die Maine Coon – Feite en Geite

Die Maine Coon is soos die Deense hond van katte, ook bekend as die saggeaarde reus. Hulle is een van die mees populêre katsoorte, tweede naas die Persiese Kat. Die Main Coon is beslis die grootste mak katras: op 4 voet (1.2 m) hou ‘n Main Coon die wêreldrekord vir die langste huiskat!

Voorkoms

Die Maine Coon is ‘n yslike groot kat! Dit hou ook die rekord vir die kat met die langste snorbaarde, ‘n ongelooflike 16.51 cm in lengte. Die Maine Coon het ‘n kenmerkende “M” op die voorkop en het donsige oorpunte. Hulle pote is oorgroot, harig en plat – amper soos sneeuskoene. Hulle baie dik en lang stert help vir goeie balans en ratsheid en dien ook as ‘n lekker warm snoesige omhulsel vir ‘n katdut in die koue weer.

Volwasse Maine Coon katte het ‘n drielaag-pels: twee onderpelse en ‘n bo-pels, bekend as die “guard coat”, met kleure wat wissel van wit en swart, gespikkeld en grys. Dit is die primêre rede hoekom hulle gereeld geborsel en versorg moet word.

Gebruik ‘n ontharings-katborsel, wat perfek is vir katte wat met haarbolle en koeke sukkel. Die ontharingsborsel het ‘n lem wat help om die onderpels en los hare te verwyder, terwyl die hark koeke losmaak en ontknoop.

Inheems tot Maine, VSA

Die Maine Coon is die enigste kat van Amerikaanse oorsprong – Maine, in die noordooste van die VSA, om presies te wees. Dit is een van die oudste natuurlike katrasse en alhoewel daar geen amptelike rekords is van waar hulle vandaan kom nie, word daar gemeen dat die Main Coon ‘n nabye neef van die Noorse boskat en die Siberiese kat is. Vele teorieë en verbeeldingsryke verhale bestaan aangaande die Maine Coon se oorsprong; twee hiervan sluit in dat die Maine Coon se voorouers vanaf skepe van Europa en Engeland gekom het en met plaaslike katte gepaar het om pragtige langhaar katjies voort te bring.  

Oorspronklik is die Maine Coon grootgemaak om muise te jag en knaagdiere onder beheer te hou. Hulle was ook gewilde skeepskatte. Maine Coons het die katskouverhoog in New York in 1895 betree en was gewilde wenners onder die katbewonderaars.

Groot persoonlikheid

Die Maine Coon is wonderlike gesinskatte en is ‘n briljante keuse vir eerste keer kateienaars omdat hulle so liefdevol, lojaal en bekoorlike, saggeaarde reuse is. Maine Coon katte is baie intelligent en kan geleer word om vangspeletjies te speel, met ‘n halsband te loop en deure oop te maak. Hulle kort beslis hulle daaglikse oefening omdat hulle maklik aan ‘n lui lewe gewoond kan raak as hulle die kans kry. Hulle kan maklik gewig optel, so hulle lewenstyl moet goed bestuur word.

Potensiële gesondheidsprobleme

Maine Coons is geneties vatbaar om sekere gesondheidskwale op te doen, byvoorbeeld hipertrofiese kardiomyopatie, heup en elmboog displasie en spinale spieratrofie. As jy graag ‘n opreggeteelde Maine Coon wil hê, vra dan eers dat spesifieke toetse gedoen word om vir hierdie oorerflike siektes te toets. Gesondheidsprobleme of nie, maak altyd seker dat jy jou groot kat gereeld vir veeartsondersoeke neem.

Land: Verenigde State van Amerika 

Gemiddelde Volwasse Hoogte: 25 – 40 cm

Gemiddelde Volwasse Gewig:  6 – 9 kg

Lewensverwagting: 12 – 16 jaar

Oefeningsbehoeftes: Kort baie spasie om rond te beweeg en te oefen.

Soortgelyke Rasse: Noorse Boskat

Hulpverlenings in Suid-Afrika: http://mainecoon.rescueme.org/za 

Scroll to Top