DIY - maak jou eie Katspeelgoed

DIY – Maak jou eie katspeelgoed

DIY Katspeelgoed:

As jy ‘n tipiese kat het, maak dit nie saak hoeveel speelgoed jy koop nie, hulle sal altyd nog wil speel. As jy dus aan die einde van jou begroting gekom het, kan jy steeds jou eie katspeelgoed maak om jou kattekind te stimuleer en te vermaak.

Katspeelboks

Katte is absoluut mal oor kartonbokse! Met ‘n paar leë bokse kan jy vir hulle ‘n lieflike herehuis bou en hulle dolgelukkig maak.

Benodigdhede
  • 4 of 5 bokse van verskillende groottes
  • Kleefband
  • Lemsnyer (Stanley-mes)
  • Lekkernye
  • Speelgoed
  • ‘n Veer of twee
Instruksies
  • Stap 1: Bou ‘n toring of tonnel met die bokse deur hulle opmekaar te pak of langs mekaar te sit en dit met kleefband aanmekaar vas te maak. Maak seker dit is stewig! Jy wil nie hê jou kat moet skrik of weghardloop nie!
  • Stap 2: Sny verskillende groottes gate in die boks as ingange en vensters waardeur jou kat kan verken. Hou dit interessant met verskillende vorms en groottes.
  • Stap 3: Sodra jy jou speelboks klaar gebou het, kan jy ‘n paar lekkernye en speelgoed binne-in sit. Katte hou daarvan om hulle neuse te gebruik en dit sal hulle BAIE nuuskierig maak.
  • Met ‘n tikkie verf kan jy selfs ‘n bietjie styl aanbring.

Towerstokkie

Katte hou van interaksie met hulle speelgoed, veral as dit soos voëls en insekte lyk, en as jy in die pret kan deel, hoekom dan nie? So kan jy jou eie towerstokkie maak:

Benodigdhede
  • ‘n Soliede houtstokkie
  • Klokkies (met ‘n ogie)
  • Verskeie afvalmateriaal (linte, skoenveters, ens.)
  • Rolletjie tou
  • Skêr
  • Gom
Instruksies
  • Stap 1: Maak die towerstokkie onweerstaanbaar deur eers te begin om die stokkie met die tou toe te draai. Gebruik ‘n klein bietjie materiaalgom om die tou vas te maak.
  • Stap 2:  Wanneer jy die stokkie toedraai, los ‘n ekstra stukkie op die einde oop (4 – 5 cm), sodat jy die stukkies afvalmateriaal daar kan vasknoop.
  • Stap 3: Maak die linte en afvalmateriaal aan die einde van die tou vas. Maak seker dit is stewig vas!
  • Stap 4: Kies drie verskillende stukkies afvalmateriaal en maak dit aan die klokkies vas.

En vola! Gaan soek nou jou kat en laat speeltyd begin!


Skraper

Katte is mal daaroor om hulle naels in amper enigiets te grawe. Maak dus jou eie skraper. Jou katte sal dolgelukkig wees en so ook jou meubels!

Benodigdhede
  • Kartonbokse
  • Lemsnyer (Stanley-mes)
  • Gom
  • ‘n Stewige boks of krat om die hoop afgemete stukke karton in te sit.
Instruksies
  • Stap 1: Meet die lengte en wydte van jou boks/krat wat jy vir die basis gaan gebruik.
  • Stap 2: Meet, merk en snydie kartonstroke. Herhaal totdat jy genoeg stroke het om in die boks te pas.
  • Stap 3: Trek ‘n streep wit gom in die middel van die lengte van elke kartonstrook af.
  • Stap 4: Pak hulle almal opmekaar en plaas drukking vir ‘n paar minute, sodat almal lekker stewig saamgepers is.  
  • Met ‘n raam om, het jy die perfekte krapoppervlak vir ‘n veeleisende kat.
  • Bonus: Dit is heeltemal omkeerbaar. Wanneer die bokant opgesnipper is, kan jy dit net onderstebo draai en jou kat het weer ‘n nuwe krapoppervlak. Dit sal hom weer vir ‘n hele ruk besig hou voordat jy ‘n nuwe een hoef te maak.

Toringrol

Katte is altyd gefassineerd met nuwe dinge en verskillende vorms. Gee jou kat bietjie iets om oor te wonder deur een van hierdie te maak.

Benodigdhede
  • 15 Toiletrolle
  • Kleefband
  • Lekkernye of koskorrels
Instruksies
  • Stap 1: Bou ‘n toring met die toiletrolle in ‘n formaat van 5, 4, 3, 2, 1.
  • Stap 2: Heg hulle stewig en styf aanmekaar vas, maar nie te styf dat hulle ingee nie.
  • Stap 3: Sit lekkernye/koskorrels binne-in die rolle en laat die katte los!

Die toiletroltoring ‘n wonderlike manier om die katte te vermaak en besig te hou, en dit keer ook dat hulle hulle kos te vinnig opeet!

Scroll to Top