Wat is in ‘n naam? Hoe om ‘n naam vir jou nuwe troeteldier te kies
As jy in die proses is om ‘n nuwe troeteldier aan te neem en wonder wat jy hom gaan noem, kan jy gerus na die volgende riglyne loer.
As jy in die proses is om ‘n nuwe troeteldier aan te neem en wonder wat jy hom gaan noem, kan jy gerus na die volgende riglyne loer.
Sterilisasie: ja of nee? Dit is die vraag. Hoekom moet ek my hondeteef of katwyfie steriliseer en wat gebeur na sterilisasie? Kom ons kyk ‘n bietjie dieper hierna.
Wanneer jy jou somerskas omruil met wintersklere, onthou dan dat jou troeteldiere jou ook nodig het om ‘n paar wintersveranderinge vir hulle te maak. Het jy alles op hierdie winter-afmerklysie?
Katte ly ook aan allergieë in lentetyd, maar dit is nie soos by honde wat meestal velallergieë kry nie. Katte is ‘n bietjie meer soos mense wanneer dit by allergieë kom, met niesbuie, tranerige oë, jeukerige ore en rooi uitslagkolletjies. Katte is nie klakouse nie en sal nie sommer na jou toe kom as hulle enige ongemak het nie. Hou jou oë oop en as jy enige verandering in jou kat opmerk, gaan sien dadelik jou veearts en help jou arme kat uit sy miserabelheid.
Dit hoef nie ‘n tawwe storie te wees om die regte katkos vir jou klein karnivoor te kies nie. Jou kat het sekere basiese voedingsbehoeftes en hoe jy kies om daai behoeftes te bevredig sal haar gesondheid, lewensduur en geluk bepaal. So kan jy weet wat om te kies:
Ons assosieer bondels wol met warmte en die perfekte winterbykomstighede. Siende dat ‘n kat feitlik net ‘n bondeltjie wol is wat nou en dan gevoer moet word, is dit nie veilig om aan te neem dat sy in die winter warm sal wees nie? Ongelukkig is dit nie die geval nie. Só kan jy weet of jou kat in die winter koud kry.
Die koue dae is op ons en ons almal beef en klappertand. En saam met die koue kom been- en gewrigspyn! Artritis is baie algemeen onder ouer troeteldiere, maar nou en dan kom jonger troeteldiere dit ook oor. Lees meer oor hoe jy hulle kan help – hulle sou dit vir jou wou doen, as hulle kon.
Dis net soveel meer pret, en vat ook sommer ‘n berg van jou skouers af, as jy jou troeteldier saam met vakansie kan vat – veral as jou troeteldier al bietjie meer aan die bejaarde kant is. As jy wil hê dat jou vakansie glad moet verloop, is dit ‘n goeie idee om vroegtydig te begin beplan. Vir meer gemoedsrus kan jy gerus verder lees oor reiswenke vir jou senior troeteldier.
Vakansietyd is om die draai en jy kan nie meer wag vir daai langverdiende breek uit die stad en om in die pad te val nie. Maar wat van jou vierbeenbabas? Sal hulle kan saamgaan, en indien nie, hoe dan gemaak? Kom ons gesels ‘n bietjie daaroor om ‘n dalk ‘n troeteldieroppasser te kry en waar om die regte een te kry.
Die bosluis- en vlooiseisoen is in volle swang, dit is dus ‘n goeie idee om jou troeteldier se bosluis- en vlooimedikasie op datum te kry. Vlooie en bosluise kan baie seer wees en vreeslik jeuk. Vir party troeteldiere is dit dalk net ‘n klein irritasie, maar ander wil amper mal word daarvan! Byte is egter maar net een manier hoe hierdie parasiete jou troeteldiere kan seermaak…