Honderasse

Basterbrakke - Feite en geite

Hoekom eerder ‘n Basterbrak?

Basterbrakke, kruisings, gemengde-ras, optelhonde – die naam sê als: hierdie honde is gelukpakkiemengsels van verskillende honderasse. Die dae om te spog met ‘n opreggeteelde hond, is lank reeds verby. Lees hoekom basterbrak so wonderlik is en hoekom jy een moet kry.

Die Miniatuur Schnauzer - Feite en geite

Die Miniatuur Schnauzer – Feite en geite

Nou hier is ‘n hond wat omtrent alles in ‘n klein pakkie het! Die Miniatuur Schnauzer is ‘n temperamentele, liefdevolle, ekstroverte, intelligente en humoristiese klein hondjie. Jy sal nooit weer ‘n vervelige oomblik hê nie – gewaarborg! Lees meer oor hierdie pragtige besnorde hond:

Die Franse Bulhond - Feite en Geite

Die Franse Bulhond – Feite en Geite

Baie mense is mal oor die beminlike en bekoorlike klein Franse Bulhond en dis nie moeilik om te sien hoekom nie. Hulle vlermuisagtige ore, plat gesigte en kort klein lyfies mag dalk koddig lyk, maar dit het ‘n unieke bekoorlikheid. Hulle ontvang graag liefde en as jy baie het om te gee, is ‘n Franse bulhond net die een vir jou! Lees meer oor hierdie geliefde, stewige, klein hond.

Die Bulterriër - Feite en Geite

Die Bulterriër – Feite en Geite

Die Bulterriër is ‘n BAIE aktiewe hond, is baie lojaal, lieftallig, vriendelik en speels. Hulle is in die 19de eeu as veghonde geteel, maar het later gewilde troeteldiere geword. Hierdie unieke ras is regtig eiesoortig en kort ‘n aktiewe gesin wat hul gereeld vir uitstappies kan vat en kan oorlaai met tyd en aandag.

Die Golden Retriever - Feite en Geite

Golden Retriever – Feite en Geite

Leer meer oor die wonderlike, vriendelike, bekoorlike waterhond – die Golden Retriever. Hulle pragtige, saggeaarde sjarme maak hulle een van die top 10 gewildste honderasse in Suid-Afrika. Hulle is ongelooflik liefdevol en ywerig om te behaag. Lees meer oor hierdie wonderlike ras!

Engelse Bulhond - Feite en Geite

Die Engelse Bulhond – Feite en Geite

Soos die naam suggereer, is die Engelse Bulhond, of Britse Bulhond, oorspronklik van Engeland. Hulle voorouers was veghonde wat deur die Romeine na die Britse Eilande gebring is om aan bloeddorstige Bulteisteringsgevegte deel te neem. Al wat vandag se Bulhonde met hul voorouers in gemeen het, is hulle voorkoms. Maar wat van al die wreedheid met die bulgevegte? Dis als in die verlede! Ten spyte daarvan dat hy steeds ‘n wreedaardige voorkoms het, sal jy nie sommer ‘n meer saggeaarde en liefdevolle hond kry nie.

Yorkshire Terriër - Feite en Geite

Yorkshire terriër – Feite en Geite

Die Yorkshire terriër is een van Suid-Afrika se gewildste honderasse. Waar hy ‘n tekort het aan grootte, maak hy voor op in persoonlikheid, gedrag, karaktereienskappe en geaardheid. Lees meer oor die ‘Yorkie’.

Die Labrador Retriever - Feite en Geite

Labrador Honderas – Feite en Geite

Die gewilde Labrador Retriever is een van Suid-Afrika se geliefdste gesinshonderasse. Labbies behou hulle opvreetbare babahondjiegesigte, terwyl hul terselfdertyd die wêreld se mees nuttige honde is. Wat is beter as jou gunsteling hond in die wêreld? Die feit dat jy hom kry in swart, geel en sjokoladebruin! Lees meer oor hierdie wonderlike honderas.

Die Pekingese - Feite en Grille

Pekingese Honderas – Feite en Geite

Hierdie wyd bekende Pekingese-hond is oorspronklik van Sjina en is ‘n lojale, trotse en onafhanklike klein metgesel. Hulle is pragtig en liefdevolle brakkies met ‘n voorliefde om die ‘kind’ in die huis te wees. Lees meer oor hierdie unieke honderas.

Scroll to Top