Wat is in ‘n naam? Hoe om ‘n naam vir jou nuwe troeteldier te kies
As jy in die proses is om ‘n nuwe troeteldier aan te neem en wonder wat jy hom gaan noem, kan jy gerus na die volgende riglyne loer.
As jy in die proses is om ‘n nuwe troeteldier aan te neem en wonder wat jy hom gaan noem, kan jy gerus na die volgende riglyne loer.
Sterilisasie: ja of nee? Dit is die vraag. Hoekom moet ek my hondeteef of katwyfie steriliseer en wat gebeur na sterilisasie? Kom ons kyk ‘n bietjie dieper hierna.
Dit kan nogal ‘n tawwe storie wees om hondekos te kies. Behalwe dat daar so ‘n groot verskeidenheid hondekos is om van te kies en die gepaardgaande prysverskille, moet jou hond dit ook geniet en voordeel trek uit ‘n goeie kwaliteit hondekos. Hier is ‘n paar wenke om die beste hondekos vir jou honger woef te kies.
Winter is ‘n tyd waar mens sommer net lekker snoesig onder die komberse wil inlê en hiberneer, maar is dit net mense wat so voel? Kry honde ook koud? Lees verder en maak seker jou beste vriend is reg vir die snoesige seisoen.
Oorversorging is nie op elke hond se versorgingslysie nie, maar dis belangrik dat jy gereeld kyk of jou hond se ore skoon en gesond is. Hier is ‘n paar wenke oor hoe om jou hond se ore skoon te maak.
Daar’s min dinge so seer as om ‘n troeteldier te verloor. Dis verpletterend om nie te weet waar jou troeteldier is nie en of hy weer sy pad sal terugvind. As jy egter dadelik optree kan jy dié ervaring vermy. Daar is drie redelik maklike maniere om te verseker dat jy jou troeteldier weer terugkry as hy sou wegraak.
‘n Mens kan nogal bietjie bekommerd voel wanneer jy ‘n nuwe hondjie aan jou ander huisdiere moet bekendstel, maar dit hoef nie so stresvol te wees nie. Onthou, jou troeteldiere kan aanvoel wanneer jy angstig is, so probeer om kalm te bly en laat jou diere die werk doen. Wees veilig en bedag en dink eerste aan jou ander huisdiere. Lees meer oor hoe om jou nuwe hondjie aan jou huisdiere bekend te stel.
Jippie! Een van die dae bring jy ‘n klein vierbeen harebol huistoe en jy kan nie meer wag nie! Maar daar is ‘n paar goed om in gedagte te hou. Jy mag dalk jou huis ken, maar alles gaan vir jou nuwe kleinding vreemd en GROOT wees en dit kan hom baie bang maak! Hier is ‘n paar wenke om jou baba makliker by sy nuwe huis te laat aanpas en hom veilig en beskermd te laat voel.
Hondjies kou feitlik aan enigiets wat voorkom wanneer hulle tande kry en dis belangrik om te verstaan waardeur hulle op dié stadium gaan. Die skade kan frustrerend en ontwrigtend wees, maar dis nou ‘n goeie tyd om ‘n paar grense neer te lê.
Hoe lank duur hierdie tandekrystadium en wat kan ek doen om verdere skade te verhoed? Hier sal jy al die antwoorde kry!
Jou splinternuwe hondjie is by die huis en die eerste vraag wat in jou kop opkom is: hoeveel keer gaan hy in die kombuis piepie voordat hy geleer is? Party hondjies leer vinniger as ander, maar hier is ‘n paar Pet Hero riglyne om jou hondjie die potjie-parade te leer.