Wat is in ‘n naam? Hoe om ‘n naam vir jou nuwe troeteldier te kies
As jy in die proses is om ‘n nuwe troeteldier aan te neem en wonder wat jy hom gaan noem, kan jy gerus na die volgende riglyne loer.
As jy in die proses is om ‘n nuwe troeteldier aan te neem en wonder wat jy hom gaan noem, kan jy gerus na die volgende riglyne loer.
Sterilisasie: ja of nee? Dit is die vraag. Hoekom moet ek my hondeteef of katwyfie steriliseer en wat gebeur na sterilisasie? Kom ons kyk ‘n bietjie dieper hierna.
Baie kat-eienaars vind dat hulle kietsies sommer gou-gou die sandbak-storie onder die knie kry – sodra hulle weet waar die sandbak is, is hulle geholpe. Party katte en katjies het weer ‘n bietjie ekstra hulp nodig om te weet waar om hul … deposito te maak. Volg ons vriendelike gids oor sandbakafrigting.
Volg die volgende stappe en hopelik sal jou katjie vinnig en maklik leer om die sandbak te gebruik:
Dit hoef nie ‘n tawwe storie te wees om die regte katkos vir jou klein karnivoor te kies nie. Jou kat het sekere basiese voedingsbehoeftes en hoe jy kies om daai behoeftes te bevredig sal haar gesondheid, lewensduur en geluk bepaal. So kan jy weet wat om te kies:
Ons assosieer bondels wol met warmte en die perfekte winterbykomstighede. Siende dat ‘n kat feitlik net ‘n bondeltjie wol is wat nou en dan gevoer moet word, is dit nie veilig om aan te neem dat sy in die winter warm sal wees nie? Ongelukkig is dit nie die geval nie. Só kan jy weet of jou kat in die winter koud kry.
Daar’s min dinge so seer as om ‘n troeteldier te verloor. Dis verpletterend om nie te weet waar jou troeteldier is nie en of hy weer sy pad sal terugvind. As jy egter dadelik optree kan jy dié ervaring vermy. Daar is drie redelik maklike maniere om te verseker dat jy jou troeteldier weer terugkry as hy sou wegraak.
Agnee, net toe jy dink jy gaan nou voor die rekenaar inskuif en ‘n bietjie werk inkry, wil jou muis nie werk nie. Na ‘n ondersoek kom jy agter dat die kabel middeldeur gekou is! Jou katjie kyk jou aan asof sy wil sê, ‘Wat? Ek kry tande!’ Lees verder om uit te vind hoe jy jou klein katjie deur hierdie sensitiewe proses kan bystaan.
Jippie! Een van die dae bring jy ‘n klein vierbeen harebol huistoe en jy kan nie meer wag nie! Maar daar is ‘n paar goed om in gedagte te hou. Jy mag dalk jou huis ken, maar alles gaan vir jou nuwe kleinding vreemd en GROOT wees en dit kan hom baie bang maak! Hier is ‘n paar wenke om jou baba makliker by sy nuwe huis te laat aanpas en hom veilig en beskermd te laat voel.
Is dit regtig so moeilik om jou kat te leer? Het jy al ooit gewonder hoe katte op TV sulke ongelooflike toertjies kan doen? Wel, met hope geduld en baie lekkernye, kan jy jou kat omtrent enigiets leer. Katte is mal oor roetine en hou daarvan om elke dag nuwe goed te leer – hoekom dink jy word jy en ander kattemaats so dop gehou? Nou weet jy waar die sêding “Copy Cat”, vandaan kom. Aanvaar die uitdaging en leer jou kat hoe om te sit. Sterkte, en onthou, herhaIing is die sleutel tot sukses.