Katrasse

Savannekat - Feite en geite

Die Savannekat – Feite en geite

Wat ‘n skoonheid – die Savannekat! Sy is ‘n kruising tussen die Afrika-tierboskat en die huiskat en is ‘n baie nuwe ras. Haar pragtige pelspatroon en sosiale persoonlikheid tesame met haar wilde streek, maak van haar ‘n gesogte ras. Lees meer oor die Savannekat.

is is. Die Savanne het dieselfde merke as dié van ‘n miniatuur wildekat en ‘n mens kan nie ophou kyk nie! Lees meer oor hierdie pragtige wilde huiskat:

Die Maine Coon - Feite en Geite

Die Maine Coon – Feite en Geite

Die groot pragtige Main Coon is voorwaar iets om te aanskou! Die saggeaarde reus is nie net pragtig nie, maar het ook ‘n wonderlike, liefdevolle en lojale persoonlikheid. Hulle kan in enige huis bly en kom goed met ander honde en katte oor die weg. Lees meer oor hierdie ongelooflike kat.

Troeteldierveiligheid - Mikroskyfies, halsbande

Troeteldierveiligheid

Daar’s min dinge so seer as om ‘n troeteldier te verloor. Dis verpletterend om nie te weet waar jou troeteldier is nie en of hy weer sy pad sal terugvind. As jy egter dadelik optree kan jy dié ervaring vermy. Daar is drie redelik maklike maniere om te verseker dat jy jou troeteldier weer terugkry as hy sou wegraak.

Persiese Katte - Feite en Geite

Persiese Katte – Feite en Geite

Die Persiese kat is een van die oudste katrasse en dateer terug na die 1600’s. Hulle het by koninklikes gebly en dis seker hoekom hulle vandag nog die verwagting het om koninklik behandel te word. Lees meer oor hierdie perfekte en vriendelike huiskat.

Die Siamese Kat - Feite en Geite

Die Siamese Kat – Feite en Geite

Die Siamese kat is ‘n pragtige huiskat en is baie verbaal en aktief. Doen maar jou huiswerk as jy oorweeg om een van hierdie uiters intelligente katte te kry. Die Siamees is bekend vir hulle verruklike, pragtige, ysblou oë en die donker puntmerke op die ore, bene, stert en snoet. Lees meer oor hierdie majestieuse blou-oog kat:

Die Bengaalse Kat - Feite en Geite

Die Bengaalse Kat – Feite en Geite

As jy opsoek is na ‘n intelligente, energieke, speelse, korthaar-huiskat, hoef jy nie verder te soek nie! Te danke aan sy voorouer, die Asiatiese Luiperdkat, versinnebeeld die Bengaalse kat uiterse prag en skoonheid en paradeer hy trots met sy uitsonderlike patroon. Hulle is baie gesonde en vriendelike katte met HOPE energie. Hulle leer maklik en kan jou vir ure besig hou. Jy sal elke liewe minuut in hulle geselskap geniet. Lees meer oor die pragtige Bengaalse kat:

Amerikaanse Kruloorkat - Feite en Geite

Amerikaanse Kruloorkat – Feite en Geite

Die Amerikaanse Kruloorkat het sy naam te danke aan die kenmerkende krul van sy ore. Behalwe vir hulle ongewone ore, het hulle ook ander kwaliteite wat van hulle gewilde troeteldiere maak. Hulle is mensekatte en is wonderlik vir diegene wat vir die eerste keer ‘n kateienaar word. Lees meer oor hierdie pragtige kruloorkat.

Die Abessiniese Kat - Feite en Geite

Die Abessiniese Kat – Feite en Geite

Die Abessiniese Kat, oftewel Aby, is een van die oudste rasse, maar hulle het ‘n baie bedekte, misterieuse geskiedenis. Die Aby is ongelooflik slim, hou daarvan om iewers hoog te wees en is altyd gereed om te speel. Hulle pas baie maklik aan by hulle omgewing en is werklik pragtig om na te kyk.

Korthaarhuiskat - Feite en Geite

Die Korthaarhuiskat – Feite en Geite

Die Korthaarhuiskat – dis hierdie kat wat eerste in ‘n mens se kop kom wanneer jy aan ‘n kat dink. Die korthaarhuiskat is ‘n mengsel van kleure en geaardhede en word slegs gekarakteriseer deur sy kort pels. Met sy gemengde geskiedenis en algemene gehardheid, is enigiets moontlik vir hierdie straatkat.

Scroll to Top