Die Abessiniese Kat - Feite en Geite

Die Abessiniese Kat – Feite en Geite

Die Abessiniese kat het ‘n ryk en kleurvolle geskiedenis, alhoewel dit ‘n ietwat misterieuse oorsprong het. Aanvanklik is daar gedink dat dié kat sy oorsprong in Abessinië (huidige Etiopië) gehad het, maar onlangse genetiese navorsing wys dat die Abessiniese ras heel waarskynlik aan die kus van die Indiese Oseaan en dele van Suidoos-Asië ontstaan het. Ten spyte van hierdie histories-aanvaarbare feit dat die Abessiniese kat sy oorsprong as ‘n ingevoerde kat vanuit die Midde-Ooste gehad het en daarna op grootskaal met Britse huiskatte geteel is, is daar ook baie ander teorieë daarbuite. As gevolg van die kat se kenmerkende gestreepte pels, wat uit individueel gestreepte hare bestaan, (‘n ligter basiskleur met drie of vier dele wat donkerder loop tot by die punt), glo baie Britse telers dat die kat afkomstig is vanuit telings met ‘n paar tabby-variëteite met die inheemse “hasie” gestreepte katte.

‘n Ander teorie is dat toe Britse troepe in Indië gestasioneer is en hul vrouens en troeteldierkatte saamgeneem het, hierdie katte met Indiese katte geteel is en die algemene Abessiniese voorouer, met sy kenmerkende ongestreepte pels, tot gevolg gehad het. Hierdie teorie word ondersteun deur die taksidermie-uitstalling van die vroegste identifiseerbare Abessiniese kat (1834 – 1836) in die Leiden Dieremuseum in Holland, genaamd “Patrie, domestica India.”

Die Abessiniese kat lyk baie soos die antieke Egiptiese katte wat ‘n elegante kat voorstel en wat beslis aanleiding gegee het tot meer verbeeldingsryke idees oor die kat se oorsprong. Ongeag die oorsprong, is die Abessiniese kat op grootskaal gekruis en in Engeland gewild gemaak, waarvandaan dit wêreldwyd in gewildheid gegroei het; en dis glad nie moeilik om te verstaan wanneer jy hulle geaardheid leer ken nie.

Die nuuskierige metgesel

Abessiniese katte is uiters intelligent en beslis ‘n ‘mensekat’. Die gespierde lyf, pragtig geboogde nek en rug, lang slanke bene, amandelvormige oë en groot op-en-wakker ore maak hulle baie aanloklik vir katliefhebbers. Maar wat hul nog aanlokliker maak is hul lieflike geaardheid. Hulle wil graag deel wees van hul mense se doen en late en hulle is baie lojale troeteldiere.

Intelligensie moet beloon word

As intelligente lojale katmaats, kan Abys (soos hul eienaars hul liefdevol noem) nie alleen gelaat word of van verwag word om hulleself te stimuleer nie. Hulle kort toegewyde oefening en amper konstante stimulasie deur hul mense. Interessant genoeg is hulle mal oor hoogtes en hoe hoër hoe beter! Dus, as jy dink jou Aby is weg, kyk net bo-op die kaste!

Abys moet besig gehou word, dus kort hulle baie aandag en betrokkenheid in wat ookal hulle eienaar doen, sowel as baie speelgoed om sy oerinstinkte tevrede te hou. Abys is baie aanpasbaar en sal maklik by enige huishouding inpas waar hulle geliefd voel, maar hulle floreer by ‘n metgesel met dieselfde energievlakke as hulle eie s’n. Op sy eie, kan die Aby maklik die huis omkeer opsoek na iets interessant. 

http://www.des-cavalier.ru/trophim/trophim-08.jpg

Ras: Abessiniese Kat

Land van Oorsprong: Egipte en dele van Suidoos-Asië

Gemiddelde Volwasse Hoogte:  43 – 60 cm

Gemiddelde Volwasse Gewig:  4.5 kg

Lewensverwagting: 15 jaar

Oefeningvereistes: Baie speelgoed en die vryheid om te verken. Hulle floreer op aandag en moet gereeld oefening kry (nie minder as 3 keer per week nie).

Soortgelyke Rasse: Enig in sy soort

Hulpverlening:  Geen in Suid-Afrika nie

Scroll to Top