Korthaarhuiskat - Feite en Geite

Die Korthaarhuiskat – Feite en Geite

‘n Ietsie van alles om eerlik te wees. Wel, ‘n ietsie van elke kat om spesifiek te wees. Die Korthaarhuiskat is wêreldwyd bekend en een van die mees algemene katte. Hulle behoort nie aan een spesifieke ras nie, want dit het ‘n gemengde voorgeskiedenis. Die korthaarhuiskat verskil in kleur en grootte, van wit tot swart, gemmer of tabby. Hulle kan kolle hê, of strepe en spatsels – enigiets gaan met dié kat.

Die Korthaarhuiskat – Feite en Geite

Die Korthaarhuiskat het ‘n gemengde voorgeskiedenis en behoort dus nie tot slegs een spesifieke ras nie. As gevolg hiervan verskil hulle in grootte, vorm en kleur en het hulle oor die algemeen ‘n goeie genetiese gesondheid.

Hulle kan een kleur wees of sommer effens bont, met verskillende merke op die pels. Swart, wit, gemmer, grys, tabby, gespikkel of skilpaddop – omtrent enige kleur en skakering kan gesien word. Die enigste vereiste om bekend te staan as ‘n korthaar is dat die pels kort moet wees.

Nes hul voorkoms, verskil hul geaardhede ook baie en dit hang grootliks af van die kat se agtergrond. Meeste van hulle is vriendelik, liefdevol speels en nuuskierig. Dit is belangrik dat hulle nie té vroeg, voor 12 weke, van hulle ma weggevat word nie. Dit sal help dat hulle ‘n goeie geaardheid het.

Korthaarhuiskatte is slim, lojaal en speels. Hulle is baie ervare jagters en is daarom nie bang of te lui om vir hulle eie kos te jag nie, alhoewel hulle natuurlik eerder hand en tand bedien sal wil word. Jy kan maar verwag dat hulle vir jou presente soos muise en voëls sal aandra as jy hierdie gewoonte nie in die kiem smoor nie. Korthaarhuiskatte is glad nie veeleisend nie en is maklik om te onderhou. Gereelde versorging (soos om hulle een maal per week te borsel) sal help met haarverlies.

http://kawaiikitten.com/wp-content/uploads/2013/11/PHO-10Oct21-262085.jpg

Ras: Korthaarhuiskat

Land: Geen gespesifiseerde oorsprong nie

Gemiddelde volwasse hoogte: Kan wissel

Gemiddelde volwasse gewig: 4 – 6 kg

Lewensverwagting: 10 – 15 jaar

Oefeningsbehoeftes: Nie veel nodig nie

Soortgelyke Rasse: Eensoortig

Hulpverlening in Suid-Afrika: www.catpals.co.za       

Wees ‘n Helpende Hand: www.catvillage.org.za 

Scroll to Top