Yorkshire Terriër - Feite en Geite

Yorkshire terriër – Feite en Geite

Meer oor die Yorkshire terriër

Die Yorkshire Terriër is ‘n afstammeling van die (nou uitgestorwe) Clydesdale en/of Paisley Terriërs en die Airedale Terriërs, wat in die 19de eeu na die Glasgow-area, in die landstreek van York (soos die naam suggereer), migreer het. Hulle is geteel om rotte en muise in klerefabrieke en mynskagte te jag. 

Die Yorkshire terriër is ‘n klein hondjie met ‘n lang en glansende pels. Gewoonlik is hulle rug en stert staalblou van kleur, met die res van die lyfie ‘n ligte geelbruin. Die “Yorkie” het ‘n plat kop, ‘n uitstaanbek met klein tandjies, ‘n klein punterige swart snoet, bruin oë en v-vormige ore. Hulle is hoogs energieke honde, braaf, lojaal en intelligent. Hulle is wonderlike metgeselle vir bejaardes, maar het ‘n reputasie dat hulle kinders maklik afknou. Yorkies kan gesien word as “kletserig” en kommunikeer hulle behoeftes, begeertes en ontevredenheid baie maklik. 

Yorkshire terriërs is uitstekende waghonde, hulle glo hulle is groter as wat hulle regtig is, en hulle kort gereelde oefening of speeltyd. As hulle daagliks oefening kry, sal ‘n Yorkie selfs in ‘n klein woonstel baie gelukkig saam met sy gunsteling metgesel wees. 


http://www.canadasguidetodogs.com/customergraphics/yorkshire/risha2014_adphoto.jpg

Ras: Yorkshire Terriër

Land: Engeland

Gemiddelde Volwasse Hoogte: 15 – 17 cm

Gemiddelde Volwasse Gewig: 3 – 5 kg

Lewensverwagting: 12 – 15 jaar

Oefeningsbehoeftes: Daagliks

Soortgelyke Rasse: Australiaanse Silky Terriër

Hulpverlening in Suid-Afrika: www.yorkierescue.co.za

Scroll to Top