Pet Hero is mal oor dapper diere- en mensehelde en probeer om elke nou en dan ‘n paar van hierdie wonderlike artikels of video’s van ongelooflike heldeoomblikke uit te lig.
Bulhond red versuipende katjies!
‘n Ware held! Engelse Bulhonde het ‘n reputasie dat hulle slegte swemmers is. Hulle lywe is glad nie vir swem gebou nie, maar hierdie ongelooflike bulhond, genaamd Napoleon, het teen alle waarskynlikheid sy lewe gewaag en die kosbare katjies gered. Hierdie brak is EKSTRA braaf!
Lees die volledige artikel hier:
Katheld red ‘n vyfjarige van boelies!
Smudge, die dapper kat, het sy vyfjarige boetie teen boelies gered. Die seuntjie was besig om buite te speel toe die boelies hom op die grond neerdruk, maar toe kom Smudge tot sy redding…
Ongelooflike hondeheld red sy bejaarde eienaars tydens ‘n sneeustorm!
Lees hoe hierdie ongelooflike halfbloed-wolfhond sy bejaarde eienaars tydens ‘n sneeustorm gered het, deur vir hulle ‘n tonnel uit te grawe en hulle met sy eie lyf warm te hou!
Dapper kat maak man wakker om sy vrou te red
Terwyl haar man besig was om in die kamer langsaan te slaap, het Susan op die badkamervloer bewusteloos neergeval. Charley, hulle kat, het op die bed gespring en haar man die heeltyd in sy gesig gelek en sy hand gekrap totdat hy wakker geword het. Hy’t hom toe na die badkamer gelei, waar Susan bewusteloos op die vloer gelê het.
Lees meer oor die held, Charley.
Eerste Suid-Afrikaanse hond wat opgelei is om hoë bloedsuikervlakke in diabete op te spoor
Honey, ‘n 16-maand oue Golden Retriever (Apporteerhond) het geskiedenis gemaak deur die eerste hond te wees om in Suid-Afrika opgelei te word om lae en hoë bloedsuikervlakke in diabete op te spoor. Deur die gebruik van positiewe versterking, is Honey nie net opgelei om ‘n probleem op te spoor nie, maar ook om daarop te reageer. Lees meer:
Dapper hond maak ‘n selfoonoproep en red haar eienaar se lewe
Belle, ‘n beagle (speurhond) het haar eienaar, Kevin – ‘n diabeet – se lewe gered nadat sy suikervlakke gevaarlik gedaal het en hy ‘n aanval gekry het. Hierdie lewensreddertjie is geleer om op die nommer 9 van Kevin se selfoon te byt en so 911 te kontak. Belle het sy lewe gered! Lees die volledige artikel hier:

