Baie troeteldiereienaars laat eerder die versorging oor aan deskundiges. Klein Pixie of Wollie kom terug vanaf die salon met ‘n splinternuwe haarsnit, ‘n paar oulike strikkies en omring met die lekkerste vars en skoon reuk. Maar diegene wat verkies om eerder hul wolbabas self te versorg, sal getuig: dis die wonderlikste ‘bonding’-tyd! Jy kan ook maar weet, terwyl jou wolbaba besig is om by die salon ‘n somersnit te kry en naels te knip, dink hy die heeltyd aan jou.
Die voordele daarvan om jou troeteldier self te versorg
Versorging gaan nie net oor die estetiese nie. Natuurlik kry jou kat of hond koninklike behandeling by die troeteldiersalon en kom deftig terug en ruik al te lekker, maar alhoewel jy deskundiges het om hulle te versorg, mis jy uit op die geleentheid om jou troeteldier te ‘ondersoek’. Soos reeds gesê, is dit ‘n wonderlike geleentheid om kwaliteittyd met jou troeteldier te spandeer, maar nie net dit nie, as jy self sjampoe, borsel, knip of die pels skeer, is dit ook ‘n goeie geleentheid om sy gesondheid te inspekteer. Of jy nou versteekte bosluise en vlooie in hul dubbelpels ontdek, of bewus word van ‘n knop, sist of ‘n rooi kol op die vel, versorging hou jou op hoogte van jou troeteldier se welstand.
Buitendien, hulle sal absoluut mal wees daaroor om persoonlike aandag van hulle gunsteling persoon te kry.
Kies die regte versorgingsgereedskap vir die effektiefste werk
Daar is so baie versorgingsgereedskap as wat daar verskillende tipes troeteldierpelse is. Maak nie saak of jou hond se pels dik en dubbel, kort en glad, lank en sag, vinnig koek, of hard en onhanteerbaar is nie, daar is ‘n versorgingstoestel (of drie) vir al hierdie tipes en meer.
Dieselfde geld vir katpelse – sommiges benodig baie versorging en blinkmaak, en ander benodig net ‘n eenvoudige kam met ‘n versorgingshandskoen.
Borsel- en kamgereedskap vir jou troeteldier se unieke behoeftes
Meeste troeteldiere kort twee of drie versorgingsitems, afhangende van die lengte en tekstuur van hulle hare. Meeste sal ‘n borsel of ‘n hark of ‘n kam nodig hê om koeke tot ‘n minimum te hou. Alle troeteldiere kan doen met ‘n daaglikse borsel om vuiligheid en gemors uit die pels te verwyder en hulle gesond te hou. Net so kort alle troeteldiere ‘n kam om vlooie te verwyder en ‘n bosluisverwyderaar.
Kom ons kyk wat elke tipe troeteldierpels benodig:
Gladde korthaar-pels
Dis seker die maklikste tipe pels om te versorg, maar ja – dit benodig steeds versorging. Gee jou woef ‘n daaglikse kam met ‘n versorgingshandskoen en ‘n goeie borsel so elke paar dae met ‘n ‘bristle brush’ of slicker brush. Dit sal help om sy pels met natuurlike olies tussenin badtye te dek. Hou ‘n bosluisverwyderaar byderhand ingeval daar enige pestelensies rondskuil.
Medium-lengte, medium-tekstuur pels
Troeteldiere met medium-lengte pelse benodig ‘n bietjie daaglikse en weeklikse aandag. Meeste troeteldiereienaars van medium-haar troeteldiere sal ‘n haarborsel en ‘n ‘slicker brush’ benodig om enige koeke onder beheer te hou. Sommige medium-haar troeteldiere het ‘n onderpels wat tussenin seisoene verhaar en behoorlik onderhou moet word. ‘n ‘Moulting’-borsel, verharingslem, ‘slicker brush’ en ‘n onderpels-hark sal help om jou troeteldier se pels in tip-top kondisie te hou.
Indien jou medium-haar troeteldier se pels onnet en onbeheerbaar lyk, sal ‘n ‘ball pin brush’ help om dit uit te borsel en jy sal dit ook netjies kan maak met ‘n spesiale pelsskêr.
Steekhaarpelse
Steekhaar-honderasse benodig spesiale versorging. Gesels met jou veearts of ‘n versorger, of kyk na aanlyn video’s oor hoe om jou steekhaar hond te versorg. Jy sal heel moontlik met ‘n anti-koek kam en ‘n ontkoekingsborsel begin. ‘n Standaard kam vir growwe hare en ‘n harde ‘slicker brush’ is ook moet-hê’s vir hierdie tipe pelse. Steekhaar-rasse, soos die steekhaar-terriër, se pels moet heeltemal “gestroop” word om dit behoorlik te onderhou. ‘n Stropingsmes is die perfekte gereedskap vir hierdie werk.
Dubbel- en dikpelse
Dubbelpelse is wonderlike winterverwarmers, maar hulle skep ‘n verharingsnagmerrie teen die einde van die seisoen. Sodra jy agterkom dat jou dubbelpels-troeteldier se hare begin verloor, is dit tyd om die ‘moulting’ borsel, onderpels-hark, verharingskam en anti-koek borsel uit te pluk. Enige, en al bogenoemde toestelle, sal die truuk doen om daai onderpels en dik bo-pels onder beheer te hou. Vir versorging regdeur die jaar, is ‘n ‘ball pin’ borsel ‘n goeie opsie om jou troeteldier se pels skoon en netjies te hou, terwyl pelsskêre goed sal werk om enige onbeheerbare gedeeltes te knip.
Lang, sagte, gladde pelse
Hierdie tipe pelse benodig daaglikse versorging om dit in die beste toestand te hou. Lang pelse koek maklik, dus sal ‘n anti-koek kam vir ‘n fyn/dun of medium pels, handig te pas kom. Om die verharingseisoen in toom te hou, sal hierdie tipe pels ‘n verharingskam, anti-koekhark en ‘n ‘slicker brush’ met sagte hare benodig. Daaglikse borsel kan met ‘n ‘ball pin’ borsel gedoen word en hou die skêr maar naby om te verseker jou woef of katjie behou daai pragtige, gladde en netjies voorkoms.
Naelknip en -vyl
Party troeteldiere se naels kan nogal moeilik wees om te knip omdat dit donker of beskadig is. Vele troeteldiereienaars sal hierdie senutergende takie eerder vir die veearts of versorger hou. Maar as jy tog jou troeteldier aan die idee gewoond kan maak dat jy hulle naels knip – en jy kan dit met selfvertroue doen – is daar geen rede hoekom jy nie hulle naels elke paar weke vinnig kan knip nie. Dit verg aanvanklik ‘n bietjie oefening, maar uiteindelik kan dit ‘n vinnige en maklike takie wees wat jy sommer kan doen terwyl jou troeteldier ‘n middagslapie vat. Daar is verskillende tipe knippers of skêre vir verskillende troeteldiergroottes – dit is ‘n baie handige gereedskap om jou troeteldier se naels netjies en gesond te hou.
Dis nie so moeilik om jou troeteldier by die huis te versorg soos wat jy mag dink nie, veral as jy die regte gereedskap byderhand het. Gesels met jou veearts of versorger as jy enige leiding of hulp nodig het oor hoe om jou troeteldier se pels te versorg en hulle naels regdeur die jaar kort te hou.
