Maak nie saak of jou woef lang, flapperige, groot of klein ore het nie, enige hond se ore kan infeksie kry. Jou hond se ore moet gereeld skoongemaak word, siende dat hulle vatbaar is vir oorinfeksies, nes mense. Om die waarheid te sê, troeteldiere wat hou van swem en rondloop is meer geneig tot infeksie, maar dit beteken nie dat honde wat meestal in die huis is, nie ook infeksie kan kry nie.
Honde met regop ore hoef nie so gereeld skoongemaak te word soos honde met flapore nie, gewoonlik so elke twee weke. Honde met lang flapore moet meer gereeld skoongemaak word, omdat hulle geneig is om baie meer vuiligheid in hulle ore op te gaar. Een maal ‘n week behoort die truuk te doen, of as dit regtig baie vuil is, elke dag totdat dit skoon is en dan weer weekliks daarna. Party honde vergader baie afskeiding in hul ore en dit moet meer gereeld skoongemaak word.
Vinnige ondersoek
Ondersoek eers vinnig jou hond se ore, voordat jy dit begin skoonmaak. Jy wil nie meer kwaad as goed doen nie. Die vel binne-in moet lig pink, droog en reukvry wees. Moenie die ore self skoonmaak as jy enige rooiheid, infeksie of erge swart of geel uitskeiding sien nie, ook nie as die ore ‘n onderskeidende reuk het of as jy parasiete en vreemde liggame soos myt, bosluise of vlooie sien wat in relatief weggesteekte plekkies in en rondom die ore skuil nie. Maak dadelik ‘n afspraak by die veearts, siende dat jou hond dalk oorinfeksie mag hê. Sommige oorskoonmaakmiddels kan ototoksisiteit veroorsaak of middeloorontsteking aanwakker. As jy regtig jou hond se ore moet skoonmaak, gebruik water en ‘n soutoplossing.
Laat die skoonmaak begin
So, om mee te begin: kry alles bymekaar wat jy gaan nodig gaan hê om jou hondjie se ore behoorlik skoon te maak. Pet Hero se aanlyn troeteldierwinkel het ‘n verskeidenheid bekostigbare oorskoonmaakmiddels wat jy kan probeer.
Wat het jy nodig?
- Oorskoonmaakmiddels – deur veeartse goedgekeur
- Bolletjies watte
Hoe om jou hondjie se ore skoon te maak
- Gaan buitentoe, siende dat hierdie nogal ‘n morsige storie kan word!
- Vee saggies die binnekant van jou hond se oorflappie uit. Maak seker dat jy al die skeurkies en barsies ook saggies skoonmaak, omdat vuiligheid en waks daar kan opbou. Maak beide kante van die ore skoon.
- Hou jou hond se oorflap in jou hand en kantel die kop effens skuins wanneer jy ‘n oorskoonmaakmiddels gebruik. Spuit ‘n klein hoeveelheid in die oor en masseer die basis van die oor om enige materiaal wat dalk in die oorkanaal kan wees, los te maak. Dit behoort meeste van die taai, dik stof uit die oorkanaal te haal. Jou hond sal mal wees oor ‘n lekker oorvryf.
- Laat jou hond sy ore uitskud nadat dit skoongemaak is – dit is normaal vir jou hond om sy kop na ‘n skoonmaak te skud. Dit sal ook help om alle oortollige skoonmaakmiddel uit die oorkanaal te kry.
- Vee die ore weer ‘n keer met watte uit om enige oortollige vloeistof te verwyder wat jou hond uitgeskud het.
- Maak jou hond se ore hierna gereeld skoon. Vuiligheid bou vinnig op en kan infeksie veroorsaak, veral by honde met flapore.
As jy enige tyd sien dat jou hond pyn ervaar of daar kom ‘n groot hoeveelheid vuiligheid of selfs bloed uit die oor, moet jy hom dadelik veearts toe vat. Met behoorlike voorsorg kan jy ‘n BAIE pynvolle infeksie voorkom en jou hond help om skoon, reukvrye ore te hê.