Historiese Helde - 'n Huldeblyk aan troetedierhelde wat lewens red

Historiese Helde – ‘n Huldeblyk aan diere wat lewens gered het

Pet Hero is mal oor dapper diere en ons wil graag ‘n paar van hierdie ongelooflike heldestories met jou deel. Kom ons vat jou bietjie terug in tyd en vertel jou van dapper diere wat mense in die oorloë gehelp het. Hulle was ongelooflike en brawe klein helde wat hulle lewens gewaag het om ander te red en vir hulle heldedade vereer is.

Nemo

Historic-Heroes_Nemo.jpg

In 1966 was Nemo, ‘n Duitse Herdershond, in Viëtnam gestasioneer toe hy sy hanteerder se aandag op ‘n groep verskuilde Viët Cong gevestig het, wat besig was om in die nag in die bosse te sit en spioeneer. Die gevolg was dat die vyandige soldate onverhoeds betrap  is. Ongelukkig het Nemo die sig in sy een oog verloor en sy hanteerder het ernstige skietwonde opgedoen. 

Nemo het op sy hanteerder se liggaam gekruip en hom teen verdere beserings probeer beskerm, totdat mediese personeel opgedaag het en hul albei gered het. Nemo was dadelik ‘n held en kon permanent aftree.

Lex

Historic-Heroes_Lex.jpg

Lex en sy hanteerder, J. Lee, is in November 2006 in Irak ontplooi as ‘n patrolleerspan om plofstowwe op te spoor. ‘n Week voor sy 21ste verjaardag is Lee tragies dood in ‘n aanval op hul diensbasis. Ten spyte van Lex se eie beserings, het hy geweier om Lee se liggaam alleen te laat en dit probeer beskerm teen enigeen wat dit naby wou waag.  

Lex het later van sy wonde herstel en weer teruggekeer na sy pligte. Die opspoorhond het intussen afgetree en is aan Lee se familie gegee, waar hy vir die res van sy lewe oorlaai word met waardering en liefde.

Sersant Stubb

Sersant Stubby was ‘n brawe, gekruisde pitboel wat in Frankryk, tydens die Eerste Wêreldoorlog, ingesluip het en die eenheid se gelukbringer geword het. Hy het in 103 voetsoldaat- en 26 Yankee-afdelings gedien. 

Kort nadat Stubby by sy eenheid aangesluit het, is hulle met giftige gas aangeval. Stubby het dit oorleef en die ervaring het hom meer sensitief gemaak vir dodelike chemiese reuke. Hy sou die eenheid betyds teen enige inkomende aanvalle waarsku sodat die bemanning betyds hul gasmaskers kon opsit. Stubby het die ideale soek-en-reddingshond geword. Hy’t selfs ‘n Duitse spioen uitgesnuffel en is sodoende tot sersant bevorder – die enigste hond wat nog ooit so ‘n bevordering in ‘n oorlog kon verwerf.

Smoky

Historic-Heroes_Smoky.jpg

Smoky was een van die kleinste oorlogshonde waarvan ons weet en het maar 1.81 kg geweeg en was 18 cm hoog. Hierdie klein Yorkse Terriër het tydens die Tweede Wêreldoorlog in die Stille Oseaan by ‘n mediese teater diens gedoen. ‘n Amerikaanse soldaat het hom in Nieu-Guinee gekry en hom op 12 bekampingsmissies gevat. Smoky het 150 aanvalle oorleef en het 8 toekennings gewerf. 

Bykans 50 jaar later, in 2005 op Veteraansdag (‘n amptelike VSA-vakansiedag wat militêre veterane vereer), is ‘n lewensgrootte brons standbeeld van Smoky in ‘n GI-helm, bo-op ‘n 2 ton blou granietbasis, onthul. Die standbeeld is op presies dieselfde plek opgerig waar Smoky begrawe is. 

Rags

Historic-Heroes_Rags.jpg

Rags is deur ‘n soldaat, genaamd Donovan, gekry wat gedink het hy’s ‘n hopie flarde (daarom die naam Rags). Donovan moes kommunikasiekabels koppel tussen die troepe en die ondersteunende veldkommando. Wanneer die kommunikasiekabels vernietig is, het hulle van hardlopers gebruik gemaak, maar dié is gereeld gewond of doodgemaak – of hulle kon nie deur versperrings en draadheinings kom nie. 

Donavan het toe vir Rags geleer om boodskappe, wat aan sy halsband vas gemaak is, aan te dra. Op ‘n stadium is Donavan se eenheid omsingel en Rags het met ‘n boodskap gehardloop om hulp te kry. Die lewens van 42 manskappe is sodoende gered.

Simon

Historic-Heroes_Simon.jpg

Simon, ‘n swart-en-wit korthaarhuiskat, het by die Koninklike Vloot diens gedoen en was hulle gelukbringer. Hy het rotte gejag wat die beskadigde skip oorgeneem het. Tydens die Chinese Burgeroorlog is Simon beseer en die matrose het gedink hy gaan nie die nag oorleef nie, maar hy het. Simon is vereer met: Ametis-veldtogband vir sy dapper diens; ‘n Dickin-Medalje vir dieremoed en -dapperheid; “Animal Victoria Cross” en die Bloukruismedalje vir dapperheid. 

Simon is die enigste kat wat nog ooit die Dicken-Medalje gekry het en is later met ‘n volle vloot-eerbewys begrawe.

Tiddles

Tiddles, ‘n gebore en getoë skeepskat, was die kat van die Kaptein van die Koninklike Vloot se vliegdekskip en die HMS Victorious, in die vroeë 1940’s. Ons kan aanneem dat hy uistekende diens verrig het, aangesien hy meer as 30 000 myl gedurende sy vlootdiens gereis het. Tiddles mag ook een van die redes wees waarom Brittanje die swart kat as ‘n gelukbringer sien. 




Scroll to Top