Hou jou troeteldiere warm met hierdie winter-afmerklysie

Jou troeteldiere se voorouers het nie rêrig in die winter gehiberneer nie, maar jou snoesige gediertes, heerlik opgekrul onder ‘n berg van komberse, wil nie hê jy moet dit weet nie. Hulle wil hê jy moet weet dat hulle warmte en lekkernye nodig het, en oja, soveel gemak en gerief as moontlik! Winter is op ons, so dis nou ‘n goeie tyd om seker te maak jy en jou wolmaats is voorbereid vir die koue maande.

Hoeveel van die items op hierdie handige winter-afmerklysie het jy reeds?

Warm, gemaklike, ondersteunende troeteldierbed   

Afgesien van die sonhoekie by die ventster, is die lekkerste plek om in die winter te wees, in die bed. Warm, snoesig en gemaklik, met hope komberse en ‘n sagte maar ondersteunende matras. Dit geld vir beide jou en jou troeteldier se gemak. Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer jy goed na jou troeteldiere se beddens moet kyk en sien of dit nie dalk reggemaak of vervang moet word nie. As jou hond of kat al besig is om met die jare aan te stap, is ‘n nuwe ‘geheue-spons’-matras ‘n wonderlike idee. Nie net sal dit ‘n hoë-gehalte plekkie verskaf om te slaap nie, maar dis wonderlik vir koue, ou gewrigte en moeë spiere.

Winterpootjamas      

Siende dat honde in alle vorms en groottes kom en met ‘n variëteit van pelsdigtheid, mag sommige ‘n bietjie meer lae in die winter nodig hê as ander. Korthaarhonde wat aan die skraal kant is (dink maar aan die Italiaanse windhond, miniatuur pinschers en selfs Chihuahuas), kan baie gouer koud kry as hul beboste eweknieë, soos huskies, Duitse herdershonde en borderkollies. Hierdie korthaar woefels is die perfekte kandidate vir truie en jasse in die winter, veral wanneer daar gestap word. Neem egter kennis van die voor- en nadele daarvan om vir jou woef ‘n jas aan te trek en onthou om jou hond ‘n effense blaaskans van klere te gee tydens warmer gedeeltes van die dag.

En wat van die kat se pajamas? Jou kat sal jou graag iets wil vertel… kliek net hier.

Koueweer-kalorieë

Nes mense, kan troeteldiere ook die risiko loop om in die winter gewig op te tel. Dit kan wees as gevolg van ‘n toename in bederfies-in-die-bed scenario (omdat Rufus dan so oulik lyk in daai toegedraaide kombersie dat jy net eenvoudig vir hom ‘n koekie moet gee!) of is dit omdat dit buite koud is en ‘n warm snoesige bed oortref ‘n koue wandeling. Watookal, vra jou veearts maar watter kos vir ‘n gewigsbeheerde dieet aanbeveel word indien jou wolmaters in die winter sou vet word.

Gelukkig is daar ander maniere om die wintergewig af te skud…

Winter-wandeling

Om gedurende die wintermaande te oefen, is ‘n baie slim manier om winter vir beide jou en jou troeteldiere hanteerbaar te maak. Jou hond sal baat vind by ‘n daaglikse stappie (of twee keer per dag, indien jy tyd het). Nie net sal dit sy metabolisme in stand hou nie, maar dit is ‘n wonderlike manier om sy liggaamshitte te verhoog en die innerlike verwarmer aan die brand te kry. Maak seker dat jou hond ‘n harnas en halsband het wat goed pas, asook ‘n hoë-kwaliteit leiband. En, as ‘n goeie buurman/-vrou en ‘n verantwoordelike troeteldiereienaar, moenie van die bolliesakkies vergeet nie!

Binnenshuise speeltyd

As jou wolkinders meer binnenshuise speelmaats is, is winter die purrfekte geleentheid vir proaktiewe spel. Sleep hulle speelgoed nader en kry hulle breine en lyfies in rat sodat hulle nie lui en ongemotiveerd word nie. Katspeelgoed het die wonderlike effek om jou kat se aanval- en jaginstinkte te aktiveer, terwyl meeste honde sommer net sal spring vir enige geleentheid om toutrek-, legkaart– en gooi-en-vang-speletjies te speel terwyl hulle ‘n bietjie alleentyd met hul beste mensemaat kan spandeer.

Weet meer oor versorging

As jou hond of kat in hulle winterpels groei, dan kan mens sekerlik wag vir hulle somersnit en kan die versorgingsgereedskap bietjie opsy geskuif word, reg? Verkeerd! Meeste diere groei in hulle winterpelse, maar dit lei tot ‘n toename in verharing. ‘n Goeie onderpels-borsel en ‘n kam sal die truuk doen op langhaartroeteldiere, terwyl korthaartroeteldiere met ‘n haarborsel of versorgingshandskoen versorg kan word.

Indien jy hulp nodig het om die regte versorgingsgereedskap vir jou troeteldier te kies, lees hier.

Die kat se besigheid

Vir kathuishoudings, kan winter ‘n paar veranderinge meebring. Jou kat wat gewoonlik van die buitelewe hou, mag dalk in die kouer maande nie meer so geneë wees om die ‘badkamer’ buite te gebruik nie, so maak maar seker dat jy genoegsame sandbakke binnenshuis het. Katte kan nogals territoriaal wees oor waar hulle ‘gaan’, so as jy reeds ‘n binnenshuise kat het wat gemaklik met haar sandbak is, moenie verwag dat sy dit met haar buitenshuise mater gaan deel nie. Jou kat wil graag hê jy moet die volgende weet oor haar toilet.

Gewrigsondersteuning in winter

Troeteldiere wat aan artritis ly (geneties of ouderdomsverwant), sal hulle pyne en kwale erger ervaar wanneer dit koud is. Daar is drie maniere om pynlike gewrigte in winter aan te spreek: ‘n gewrigsaanvulling, ‘n sagte maar ondersteunende bed en om warm te bly met truie en komberse.

Gaan loer in by Pet Hero se aanlynwinkel vir meer winterverwarmers en maak seker jy voltooi die winter-afmerklysie voordat die koue arriveer!

Scroll to Top