Vierbeenhelde - ongelooflike troeteldiere red lewens

Vierbeenhelde – Ongelooflike troeteldiere red menselewens

Ons almal is mal oor helde wat instorm en die redder is! Dis so lekker en opwindend om ‘n fliek te kyk of ‘n strokiesboek te lees, maar wat as jy oor iets kan lees wat rêrig-êrig gebeur het? In plaas van ‘n heldepakkie of ‘n mantel wat agterna wapper, het hierdie helde ‘n pels en vier pote. Lees meer oor hierdie wonderlike diere wat hulle eie lewens gewaag het om mense s’n te red.

Fidge, ‘n swart-en-wit huiskat, het kanker in haar eienares se bors ontdek 

Wendy Humphreys, 52, kon nie verstaan hoekom haar kat elke aand vir twee weke aaneen op haar regter bors gaan lê, terwyl sy op die bank rus nie. Sy het besluit om dokter toe te gaan en uitgevind dat sy ‘n gewas, so groot soos ‘n ertjie, in haar bors het. Sy sou doodgegaan het as sy nie betyds gediagnoseer is nie.

Aanhaling uit die artikel: 

“The ultimate cat scan! ‘My kitten alerted me to my cancer because she kept jumping on my breast’.”

Lees die volledige artikel hier.

Lily, die Joplin-tornado reddingshond

Lily was self nie gesond nie, maar steeds het sy vir twee weke aaneen gewerk om mense uit puin te red. 

“‘Lily’s Story’ a tale of resiliency”

Lees die volledige storie hier.

Cooper, die plaashond, beskerm ‘n verlore driejarige seuntjie.

Taz, die kat, maak eienaars wakker van ‘n brandende huis.

Khan, wat nog vier dae vroeër in ‘n reddingshawe was, het sy nuwe eienaars vergoed deur hulle 17-maande oue dogtertjie te red: 

 Doberman Pinscher red ‘n kleuter van ‘n slang, maar word self gebyt:

“Khan was really concentrating and was acting aggressively towards Charlotte – and kept trying to nudge her but it wasn’t working… So he grabbed her by the back of the nappy and threw her over his shoulder more than a metre like she was a rag doll.”

Lees die volledige artikel hier.

Ash, pas ‘n verdwaalde tweejarige seuntjie in die bos op.Melvin, die kat, red sy eienaars van ‘n brandende huis.

Ontmoet Killian, ‘n swart Labrador-Herdershondkruising, wat die ouers van ‘n 7-maand oue baba bedag gemaak het op hul babaoppasser:

Killian, ‘n baie saggeaarde en vriendelike hond, het sy eienaars bedag gemaak op die babaoppasser. Wanneer sy by die werk sou opdaag, het hy vreeslik begin grom en tussen haar en hulle seun gaan staan. Die ouers het iets begin vermoed en besluit om hulle selfoon onder die bank weg te steek en ‘n opname te maak. Die resultaat was skokkend:

Aanhaling uit die artikel: 

“Meet the Hero Dog who saved a baby from his abusive babysitter”

Lees die volledige artikel hier.

Kat red eienaar se lewe slegs ure nadat hy aangeneem is.

Hudson, die Spoorweg Hondjie, wen Hondeheld-toekenning.

Scroll to Top