Hier is ‘n paar ware verhale van dapper vierbeenhelde wat uit hulle pad gegaan het om mense se lewens te red. Hulle is regte helde met reuse harte!
9/11-Held vier haar verjaardag!
9/11 was ‘n skok vir die hele wêreld! So baie lewens is verloor maar net soveel is gered, danksy die ongelooflike hulp van dienshonde. Volg hierdie skakel en lees oor Bretagne, die laaste lewende 9/11 Soek-en-Reddingshond wat vir baie ‘n held was. Kyk ook hoe sy op haar verjaardag bederf is.
Lees die volledige artikel hier.
Gidshond spring voor ‘n skoolminibus in en red eienares:
Figo, ‘n baie brawe gidshond, is nie net Audrey Stone se helper nie, maar ook haar held. Hy’t ‘n stappie verder gegaan en voor ‘n minibus ingespring om haar lewe te red. Lees meer oor hoe hulle weer verenig is na albei herstel het van hulle beserings: http://www.news24.com/World/News/Woman-reunites-with-guide-dog-that-saved-her-life-20151027
Plaashond hou 3-jarige warm totdat hulle gekry word
https://www.youtube.com/watch?v=Ds8dj2NbHNs&index=5&list=WL
Max, ‘n soek-en-reddingshond, kry en red ‘n 79-jarige vrou
https://www.youtube.com/watch?v=TmpSMsGkTEE
Russe gee Franse ‘n hondjie om hul geliefde dapper polisiehond, Diesel, te vervang:
Dobrynya vervang Diesel, ‘n 7-jarige Belgiese Herdershond, wat dood is in ‘n Franse polisieklopjag op die vermeende meesterbrein van die Parysaanvalle.
Volgens Politico het Ripert gesê dat hierdie hondjie Diesel sal vervang en dit bevestig Rusland se vriendskap met Frankryk. Hy’t ook bygevoeg dat hierdie gebaar uit die hart kom.
Lees meer oor Dobrynya.
Kat word deur koeël getref en red ‘n 3-jarige seuntjie:
Opie, ‘n pragtige gemmerkat, het ‘n 3-jarige seuntjie se lewe gered toe ‘n verdwaalde koeël deur die venster gebars en Opie getref het. As dit nie daarvoor was nie sou die seuntjie, wat ‘n entjie verder op die bank gelê het, vir seker dood gewees het.
Lees die volledige artikel hier.

